Na afloop van die Januarie-stemvergaderings wat gelei het tot die aanstelling van Mnr JP Tromp as die nuwe Skuldbrief Trustee het ons met hom sowel as ander entiteite in gesprek gegaan.
Ons wag op die uitkomste van hierdie interaksies en sal mettertyd lede daarvan inlig via hierdie webwerf en ons Facebook-blad
Lede sal dalk intussen belangstel in die agtergrond van Ryk van Niekerk se 9 Februarie Moneyweb artikel, getiteld “Sharemax Investors Screwed Twice” (geplaas in hierdie webwerf sowel as ons Facebook-blad: Sharemax Investors/Nova Debenture Creditors)
Hoekom twee keer “geskroef”? Twee November 2016 Moneyweb artikels deur Ryk (sien skakels hieronder) gee die verduideliking van die eerste swendelary (Jammer, dié is slegs in Engels beskibaar)
Die artikels spel uit hoe:

* die korporatiewe vaslegging (corporate capture) van Sharemax/Nova gebeur het * die einste mense wat veronderstel is om te verseker dat die Sharemax-beleggers (wat Nova-skuldbriewe in plaas van aandele gekies het) uitbetaal word soos vereis volgens die vier hof-gesanksioneerde Reëlingskemas, maar dit nie gedoen het nie (in die mate wat vereis word) * sekere binnekringers – tot nadeel van die oorspronklike beleggers – deur ‘n enkele reël “fynskrif” in die Reelingskemas ‘n meerderheidsaandeelhouding in die toe nog te stigte Nova Property Group verkry het en dus, effektief, eienaarskap van die mederheid van die Sharemax-bates gekry het (dws: die fisiese eiendomme waarin die Sharemax-beleggers oorspronklik aandeelhouers was) – tasbare bates in teenstelling met die twyfelagtige waarde van die skuldbriewe wat die Sharemax-aandeelhouding vervang het

Part 1: ‘Corporate capture’ of Sharemax rescue vehicle
<www.moneyweb.co.za/news/companies-and-deals/nova-monkey-business-pa rt-2/> www.moneyweb.co.za/news/companies-and-deals/nova-monkey-business-par t-2/
Part 2: Shareholder structure hides how directors acquired 87.1% of Nova shares
<www.moneyweb.co.za/in-depth/investigations/shareholder-structure-hi des-how-directors-acquired-87-1-of-nova-shares/> www.moneyweb.co.za/in-depth/investigations/shareholder-structure-hid es-how-directors-acquired-87-1-of-nova-shares/