UPCOMING ANNUAL GENERAL MEETING (AGM) FOR YEAR ENDING 28 FEBRUARY 2025

This post is directed at any Nova Shareholder who is registered with us and who can expect to receive, in the near future, an email from Nova, announcing the date and venue of the 2025 AGM and containing the meeting agenda

In our previous post on 13 August we informed that CIPC had granted Nova an extension to 27 September by which date the AGM for 2025 must be held

We anticipate that the 2025 Annual Financial Statements (AFS) for 2025 will be provided to Shareholders in the same email and that possibly, they will not be published in the Nova web site

We ask any shareholder who receives such mail and perhaps also the AFS, to please forward the mail, agenda and the AFS to us – at [email protected] <mailto:[email protected]> – so that we will be aware of the agenda and also have the AFS content for perusal (we at NDCAG are not shareholders and therefore will not receive the AGM mail or the AFS)

We thank registered shareholders in advance for their assistance

AANSTAANDE ALGEMENE JAARVERGADERING (AGM) VIR DIE JAAR WAT OP 28 FEBRUARIE 2025 EINDIG

Hierdie kennisgewing is gerig aan enige Nova-aandeelhouer wat by ons geregistreer is en wat in die nabye toekoms ‘n e-pos van Nova kan verwag waarin die besonderhede van die 2025-AGM aangekondig word en wat die vergaderingagenda sal bevat

In ons vorige plasing op 13 Augustus het ons bekendgemaak dat die CIPC aan Nova uitstel tot 27 September verleen het – die datum teen wanneer die Algemene Jaarvergadering vir 2025 gehou moet word

Ons verwag dat die finansiële jaarstate (AFS) vir 2025 in dieselfde e-pos aan aandeelhouers verskaf sal word en dat dit moontlik nie op Nova se webwerf gepubliseer sal word nie

Ons versoek enige aandeelhouer wat sodanige korrespondensie – en moontlik ook die finansiële state – ontvang, om asseblief die e-pos, die agenda en die AFS aan ons te stuur (by [email protected]. Sodoende sal ons van die agenda bewus wees en ook oor die inhoud van die finansiële state beskik om dit te bestudeer (aangesien ons by NDCAG nie aandeelhouers is nie, ontvang ons nie die korrespondensie oor die algemene jaarvergadering of die finansiële state nie)

Ons bedank geregistreerde aandeelhouers by voorbaat vir hul hulp

NOVA 2025 AGM EXTENSION APPROVED/VERLENGING VAN NOVA SE ALGEMENE JAARVERGADERING VIR 2025 GOEDGEKEUR

NOVA 2025 AGM EXTENSION APPROVED

See Afrikaans below

The Companies Tribunal at CIPC has granted Nova Propgrow an extension to 27 September, 2026 for the holding of the Annual General Meeting for 2025

This meeting cannot take place before the release and publication of the AFS as at 28 February, 2025 and this suggests that Nova will now have to publish them in the very near future

The original application submitted by Nova in late June was dismissed due to “a significant discrepancy between the resolution [made by the company to apply for the extension] and the actual application documentation

See link to the approval document below

VERLENGING VAN NOVA SE ALGEMENE JAARVERGADERING VIR 2025 GOEDGEKEUR

Die Maatskappytribunaal by die CIPC het aan Nova Propgrow uitstel tot 27 September 2026 verleen vir die hou van die Algemene Jaarvergadering vir

Hierdie vergadering kan nie plaasvind voor die vrystelling en publikasie van die finansiële state soos op 28 Februarie 2025 nie, en dit dui daarop dat Nova dit nou in die baie nabye toekoms sal moet publiseer.2025

Die oorspronklike aansoek wat laat in Junie deur Nova ingedien is, is van die hand gewys weens “’n beduidende teenstrydigheid tussen die besluit [wat deur die maatskappy geneem is om om die verlenging aansoek te doen] en die werklike aansoekdokumentasie”.

Skakel tot die goedkeuringsdokument:

www.companiestribunal.org.za/files/files/CT02855ADJ2026.pdf