Die hersiende Finansiële Jaarstate is op 30 Oktober op die Nova-webwerf gepos.

Moneyweb het, soos gewoonlik ‘n deeglike ontleding gedoen en, weer soos gewoonlik, hulle “tell it like it is”. Die prentjie wat dit skets is dat skuldbriefhouers nie realisties terugbetaling van Nova kan verwag nie, wat moontlik nog onder administrasie geplaas kan word as een van die uitkomste van die CIPC-ondersoek na sy sake. Daar is reeds daarop gesinspeel in CIPC se mediavrystelling in Augustus verlede jaar, oor die Nakomingskennisgewings wat aan Nova uitgereik is

Is dit nog ‘n slag vir skuldbriefhouers en is daar enige goeie nuus? Dit is lankal duidelik dat Nova nie kan terugbetaal nie en self CIPC het verlede jaar gesê dat Nova na hul mening, nie die vermoë of die bedoeling het om dit te doen nie!

Die goeie nuus lê steeds in die potensiële uitkomste van CIPC se interregulatoriese ondersoek na Nova en die wyer kwessies rondom die sluiting van eiendomsindikasiebevorderingsmaatskappye (PSPC’s) in 2010 – wat Sharemax ingesluit het

CIPC het in 2010 “publiek gegaan” met ‘n aankondiging oor die SA Reserwebank en die (destydse) Raad op Finansiële Dienste (RFD) se optrede. Hulle het dit gedoen (proses is nog aan die gang?) deur die voormalige direkteure van daardie PSPC’s in kennis te stel dat die 2010-aksies van die Reserwebank en die RFD onwettig was/is. Hulle het ook dié direkteure ingelig dat “’n Voorlopige verslag wat omvattende besonderhede bevat wat die gronde van ons bewerings vasstel mettertyd gepubliseer sal word om verskeie belanghebbendes in staat te stel om voorleggings te maak wat die kwessies sal aanspreek wat aandag verg en dit wat verskeie howe verkeerdelik as waarheid aanvaar het, sal laat regstel (vertaling van die oorspronklike Engelse teks). Verwys ook ons pos in hierdie bladsy van 27 Oktober

Let op die “kwessies sal aanspreek” en “sal laat regstel”. Dit is in die verdere uitvloeie van die ondersoek dat die beste hoop op skuldbriewe-terugbetaling lê. Maar, dit sal tyd neem. Dit vind alles plaas in die regulatoriese en wetlike arenas en baie beraadslaging en besluitneming lê nog voor asook die moontlike behoefte aan hofbevele en/of uitsprake

Lees die Moneyweb Jaarstate-ontleding hier:

www.moneyweb.co.za/news/south-africa/nova-cannot-repay-former-sharem ax-investors/?mc_cid=7a776e03e7 <www.moneyweb.co.za/news/south-africa/nova-cannot-repay-former-share max-investors/?mc_cid=7a776e03e7&mc_eid=8c2e642ad4> &mc_eid=8c2e642ad4

of

<www.ndcag.co.za/go/20231109> www.ndcag.co.za/go/20231109

Die Nova Jaarstate kan besigtig word by: novapropertygroup.co.za/index.php/financial-statements/