Die CIPC se ondersoek na Nova en die beweerde historiese onwettighede en onreëlmatighede agter die Sharemax-sluiting in 2010 het ‘n punt bereik waar ‘n voorlopige verslag opgestel is. Dit sal binnekort aan verskeie rolspelers versprei word (“relevante reguleerders, wetstoepassingsagentskappe, geaffekteerde partye en belanghebbende partye [wat laasgenoemde gedefinieer word as] “beperk tot reguleerders en staatsorgane”) vir oorweging voor ‘n gesamentlike hersiening van die bevindings in die verslag om die weg te baan vir die samestelling van ‘n finale verslag waarvan die inhoud die basis sou wees vir die bereiking van sommige van die beoogde doelwitte (Sien skakel na CIPC se dekbrief hieronder)

Ons verstaan dat daar ‘n vergadering van die aangespreekte spelers op 14 Mei sal plaasvind en waaruit die ware verhaal agter die Sharemax-sluiting waarskynlik sal na vore kom tesame met inligting oor moontlike vervolgings, oor regstellende aksies vir die Sharemax-beleggers en oor die lot van Nova

Skakel na die CIPC-brief:

<www.ndcag.co.za/go/09042024> www.ndcag.co.za/go/09042024

Die tussentydse verslag sal gedeel word sodra dit beskikbaar is

So weereens, sit styf, wees positief en wees geduldig!