By Nova? – wie weet. Hulle kommunikeer nie – tensy hulle iets van die beleggers wil hê

Hul volgende kommunikasie – in die afwesigheid van enige groot verwikkelinge in die tussentyd – sal eers in Desember wees wanneer hulle hul jaarlikse (en nie baie insiggewende) Communiqué uitreik wat hulle saam met die finansiële jaarstate op die webwerf publiseer

Op die CIPC-ondersoekfront is die verslag steeds nie vrygestel nie. Dit is baie frustrerend, veral aangesien aanduidings is dat dit goeie nuus vir die beleggers sal bring

Maar dit kan nie gehaas word nie. Elke aspek moet deeglik gefinaliseer word en elke deelnemende owerheid moet ten volle daarmee saamstem. Die laaste ding wat moet gebeur, is dat ‘n glips plaasvind wat die deur kan oopmaak vir uitdagings, litigasie en hofvertragings. Dié sal jare by ‘n moontlike finalisering voeg en kan lei tot ‘n verminderde voordelige uitkoms

So, sit styf, bly positief en bly geduldig