Ons sluit in hierdie plasing ‘n afskrif van hul onlangse brief in, geskryf aan die Wes-Kaapse Hooggeregshof (WCHC) voor komende hofaksies en beskikbaar hier: www.ndcag.co.za/go/20251028-1
Hierdie brief is potensieel betekenisvol vir al die mense wat so negatief geraak is deur die gebeure van 2010. Dit is die eerste keer dat ‘n staatsorgaan (CIPC is ‘n afdeling van die DTIC Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging) na vore gekom en ter tafel gelê het dat hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat daar faktore buite die historiese en bestaande regsmenings en drywers is waarvan die howe bewus moet wees
Die brief is slegs in Engels beskikbaar (en sal nie in Afrikaans vertaal word nie uit vrees vir vertaalfoute). Maar lesers moet die potensiële belangrikheid daarvan en wat dit reeds openbaar oor wat waarskynlik uit die ondersoek sal kom, waardeer
Alhoewel die inhoud van die brief daarop gemik is om die speelveld te verander met betrekking tot die spesifiek genoemde Deon Pienaar-sake, het die aksie moontlike implikasies wat betekenisvol kan wees vir die hele sluiting van die PSPC-maatskappy in 2010 en alles wat daaruit voortgevloei het, en dit dui daarop dat die ware storie, soos na verwagting uiteindelik in CIPC ondersoek se finale verslag onthul sal word, reeds enige verwante regsprosesse behoort te rig.
Die brief suggereer ook dat die CIPC seker is van hul saak rakende die bevindinge van hul ondersoek en dat wat hulle nou beskou as die valse narratief wat oor die jare algemeen aanvaar is (maar nie deur die aktiviste en die PSPC-maatskappydirekteure nie en beslis nie deur die beleggerslagoffers nie) nou aangespreek moet word
Die groot vraag in dit alles is egter: Sal die howe hiervan kennis neem en dienooreenkomstig gelei word?
As ‘n voetnoot tot bogenoemde, is ons ook in kennis gestel dat die regsadviseur van die SA Reserwebank (SARB) die CIPC se Cuma Zwane aangespreek het oor sommige bekommernisse wat voortspruit uit sy brief aan WCHC. Zwane het gereageer om die situasie in perspektief te plaas. ‘n Moontlike afleiding kan hieroor gemaak word dat die storie agter hierdie briewe is dat die SARB nie tred gehou het met hierdie saak nie en dat dit moontlik een van die redes kan wees waarom die CIPC ondersoek-tussentydse verslag nog nie vrygestel is nie. Uit die Antwoord wat aan die SARB se regsadviseur gestuur is, kan ook afgelei word dat die CIPC hulle aangesê het om “aan boord te kom”
Hierdie bykomende briewe kan hier gelees word:
(Beskikbaar slegs in Engels)
<www.ndcag.co.za/go/20251103-1> www.ndcag.co.za/go/20251103-1
<www.ndcag.co.za/go/20251103-2> www.ndcag.co.za/go/20251103-2