Moneyweb se Ryk van Niekerk het vanaand op RSG se Geldsake-program onderhoud gevoer met Deonette de Ridder, voorheen ‘n direkteur van Realcor, een van die Property Syndication Promotion Companies (PSPA’s) wat vasgevang is in die SA Reserwebank se sluiting van die eiendomsindikasiesektor in 2010

Geldsake het die segment sό getitel:

Die CIPC sê Realcor het nie die Bankewet oortree nie

In ‘n brief wat CIPC aan me de Ridder gestuur het, het hulle onder andere gesê:

2.3.1. We have evidence to believe that what you call the Realcor Group of Companies (“Realcor”) was not in contravention of the pieces of legislation it was accused of contravening and for which they were eventually liquidated.

2.3.2. From a causality/causation perspective, following the merits of paragraph 2.3.1 above, your sequestration was unlawful.
2.3.3. The above averments stem from the misrepresentation of facts identified in some of the evidence obtained thus far, which was obtained from other regulators, former CEO’s of other companies which managed/administered/promoted property syndications, former property syndications brokers, investors and attorneys (list not exhaustive).

Lees Realcor as Sharemax. Die voormalige Sharemax-direkteure in die amp in 2010 sal ‘n soortgelyke brief ontvang het, of sal nog ontvang, en dit sal in alle opsigte dieselfde teks as hierbo bevat, wat beteken dat Sharemax ook nie die Bankwet oortree het nie.

Hierdie bevinding uit CIPC se interregulerende ondersoek beteken dat daar lig aan die einde van die tonnel is – die moontlikheid begin na vore kom dat die voormalige Sharemax-beleggers nou ‘n kans staan om hul geld terug te kry

Daardie besluit is egter net die begin en baie verdere konsultasie en besluitneming tussen relevante partye lê voor

Ons stel voor dat u volgende week en verder elke weekdagaand omstreeks 1810 op radio RSG se Geldsake (aangebied deur Moneyweb) inskakel. Sharemax en die ander PSPC’s gaan in die nuus wees – BIG TIME!

Klik intussen op die onderstaande skakel om na vanaand se Geldsake-programsegment me de Ridder oor Realcor te luister

<l.facebook.com/l.php?u=https%3A%2F%2Fiono.fm%2Fe%2F1374657%3Ffbclid%3DIwAR3u2yXk0PJX1XSqeakb6i7o9sD3XchPBmixRnkxsrNoCHmUwerOFdk5VCY&h=AT0bkwNr83okCBAPsnQxPqA4nWbPLAtLP9d1ZY4APO89vWlQdvOxw6UGok-9ppU…> iono.fm/e/1374657