(Bart Henderson is ‘n ervare spesialis in bedrogrisiko en forensiese ondersoeker met byna drie dekades se ondervinding op die hoogste vlakke van die opsporing en ondersoek van finansiële misdaad, asook ondersteuning by regsgedinge – in Suid-Afrika en daarbuiten.)

www.moneyweb.co.za/moneyweb-opinion/soapbox/30-years-after-masterbo nd-investors-are-still-vulnerable/

Hierdie artikel verwys nie na die Sharemax/Nova-ramp en die versuim om beleggers terug te betaal nie, maar dit bevat ‘n stelling wat baie relevant is vir die situasie van die Skuldbriefhoers

Daardie stelling is:

>>>>> Auditors exist for one reason: to give people who cannot see inside a business an independent opinion they can rely on <<<<>>>> “The Commission of Inquiry into the Affairs of the Masterbond Group and Investor Protection in South Africa, chaired by retired Judge HC Nel, did not soften its language
>>>>> “Among some of the auditors it examined, it found “an astonishing degree of dishonesty, inefficiency, lack of professional integrity and lack of independence
Ons moet vra: Waar staan ​​Nova se eksterne ouditeure – ARC Inc – in hierdie konteks?

Hulle het Nova se Skuldbrieftrustee, J-P Tromp, onlangs ingelig dat die oudit nog nie afgehandel is nie – meer as ‘n jaar ná die sperdatum vir publikasie van 31 Augustus 2025, soos bepaal deur die Maatskappywet!

Waarom nie, en wat veroorsaak die vertraging?

Dit is duidelik dat daar faktore in die inligting wat Nova aan ARC voorgelê het, is wat uiters omstrede is en wat klaarblyklik nie deur Nova opgelos is nie – en ook nie opgelos kan word nie – om dit vir ARC moontlik te maak om die oudit af te handel

Maar die groter vrae is:

– Wie trek die toutjies in hierdie aangeleentheid?
– Waarom laat ARC toe dat hulle, soos dit wil voorkom, op hierdie wyse gemanipuleer en/of blootgestel word?
– Waarom dwing ARC nie ‘n oplossing af deur streng nakoming van die relevante wette en die IRBA (Independent Regulatory Board for Auditors) se Code of Professional Conduct nie?

En, onderliggend aan dit alles:

>>>>> WAT IS DIE KWESSIES WAT DIE FINALISERING VAN DIE OUDIT EN DIE PUBLIKASIE VAN DIE FINANSIËLE STATE VERHINDER? <<<<<

En daaragter lê ook die kwessie van die uitgestelde 2025-jaarvergadering (AGM), asook die verlenging van die sperdatum – wat deur die CIPC-Maatskappytribunaal goedgekeur is. Dit is niks anders nie as 'n vertragingstaktiek deur die Nova-raad, sodat hulle kan voortgaan om die 2025-finansiële resultate doelbewus terug te hou (die nie-afhandeling waarvan beteken dat die AGM ook nie gehou kan word nie)

Na die plasing hiervan sal die teks per e-pos gestuur word aan:

– Nova, vir die aandag van die Voorsitter en die Raad
– ARC Inc, vir die aandag van Theo Rautebach
– Die CIPC Companies Tribunal vir die aandag van die Nova ondersoek span
– Cuma Zwane, Senior Investigator Corporate Compliance and Disclosure Unit
– Die IRBA
– J-P Tromp, Trustee, Nova Debenture Trust