Nova Skuldbrieftrustee Tromp het die CIPC se Maatskappytribunaal alweer toegespreek oor die kwessie van die uitstaande algemene jaarvergadering

Hy het daarop gewys dat, hoewel die aansoek om uitstel vermeld het dat die geouditeerde finansiële state teen 7 Augustus gefinaliseer sou wees, dit nog nie gebeur het nie. Hy beweer dat die maatskappy “made a material misrepresentation to the Tribunal” en dat hulle:
* die saak met Nova opneem deur middel van: “…request formal feedback from both the Directors of the Nova Group and the external auditors regarding the matters raised above * en tree op via “ …the Tribunal should seriously reconsider the factual representations initially placed before it. I am of the opinion that the Directors of the Nova Group deliberately provided an unrealistic completion date in an attempt to create the impression that the audit was nearing completion, despite knowing that the guarantees from the prospective purchaser of the Flora property would likely not be furnishing guarantees before 31 August 2026

Let wel: Ons is bewus daarvan dat die PDF-dokumente op die Carian-webwerf nie op die skerm besigtig kan word nie, maar eers afgelaai en gestoor moet word. Dit is ongerieflik; ons het die saak met Tromp opgeneem en versoek dat toepaslike aanpassings gemaak word om dit makliker te maak om die dokumente oop te maak. Hy het geantwoord dat hierdie saak aandag sal geniet ten einde die probleem en ongerief uit die weg te ruim

In afwagting van sodanige verandering kan die betrokke dokumentasie oor hierdie plasing hier besigtig word:

<www.ndcag.co.za/go/270820261> www.ndcag.co.za/go/270820261

<www.ndcag.co.za/go/202608272> www.ndcag.co.za/go/202608272

<www.ndcag.co.za/go/202608273> www.ndcag.co.za/go/202608273