Daar vind daagliks gevalle van herregistrering van skuldbriefhouers wie, deur weereens hulle besondere in die aanlyn registrasievorm in die webperk te voer (soms keer op keer op keer!), vir ons administrasie probleme veroorsaak

Byvoorbeeld, or 6//7/8 Januarie was daar drie en dertig (33) “nuwe” registrasies deur middle van aanlynvorm toevoering. Vanuit die, was slegs nege (9) eintlik ware nuwe registrasies. Die ander was almal “duplikasies” en het ondersoek vereis asook e-pos navraag in somminge gevalle. Die meeste is uiteindelik geskrap

Ons vra lede wat alreeds geregistreer het (al hoe lank verlede) om ASSEBLIEF nie, vir watter rede ookal, hulle besonderhede weer in die aanlynvorm te voer nie!

Om leiding te gee, lees asb. hierdie V & A:

V: Waar in die webperk is die aanlyn registrasievorm?

A: ‘n Besoeker aan die webwerf blaai af tot by hierdie punt

Die aanlynvorm begin hier:

V: Wat is die doel van die aanlyn registrasievorm?

A: Om ‘n Nova Skuldbriefhouer te laat by NDCAG as lid registreer. ‘n Skukldbriefhouer mag net een keer geregistreer word. Eintlik, slegs een registrasie word benodig, maak nie saak hoeveel skuldbrief sertifikate die geregistreerder besit nie

V: Hoe weet Skuldbriefhouers dat hulle wel geregistreer is?

A: Hulle ontvang ‘n e-pos, outomaties en onmiddelik gegenereer deur ons stelsel, wat hulle regsitrasie bevestig. Die aanhangsel tot die e-pos bevat al die besonderhede wat die geregistreerde toegevoer het. Hierdie e-posse wys dat hulle van NDCAG Sign Up afkomstig is

V: Sal NDCAG ooit vir ‘n lid (Skuldbriefhouer/Debentures Creditor, Makelaar/Broker of Ander/Other) vra, om watter manier ookal, om weer te registreer deur middel van die aanlynvorm?

A: Nee. Die argief van geregistreerdes, so ver dit Skuldbriefhouers (Debenture Creditors) betref is die amptelike bewys van ons lidmaatskap wat, op ‘n toekomstige stadium, sal gebruik word om vir Nova te bewys dat ons wel ‘n betekenisvolle lidmaatskap onder die totale hoeveelheid Skuldbriefhouers het. Om dié rede, is dit uiters noodsaaklik dat dié rekord, ten alle tye, absoluut korrek en suiwer moet wees

V: Hoe sou ‘n lid persoonlike besonderhede in die record verander kry?

A: Stuur asb ‘n e-pos aan [email protected] <mailto:[email protected]> met die nuwe besonderhede. Ons sal die veranderings in die rekord aanbring en n’ bevestiging deur e-pos terugstuur. Moet asseblief nie die besonderhede in die aanlynvorm toevoer dekend dat dit uitvoering aan die veranderings sal gee nie

Ons dank lede in afwagting van hul samewerking in hierdie verband