Ontwikkelinge na aanleiding van CIPC se brief aan die Wes-Kaapse Hooggeregshof
Hulle het verwys na die voorlopige bevindinge van hul ondersoek na die sluiting van die PSPC-maatskappye in 2010 en het aan die WCHC voorgestel dat in hofsake wat die aktivis Deon Pienaar en ander relevant tot die sluiting en daaropvolgende gebeure betrek, die howe aandag moet gee aan die inhoud van die brief wanneer hulle getuienis aanhoor en uitsprake formuleer
Die primêre tekste in die brief is:
* “ ….this request for abeyance of the cases in question hinge on the fact that there exists reasonable grounds that the outcomes of the Section 41 Constitutional process (NDCAG: being the CIPC’s Inter-regulatory investigation into the shut-down if the PSPC companies) will have a material bearing on causing/triggering the review and setting aside of various judgements delivered by certain courts over the past decade or so” * “ …,the CIPC identified matters …….. which warrant the sounding of an alarm for the attention of the court” * “Some of the startling statements made by the NPA in regard to the conduct of the SARB have been shared with the SARB’s lead counsel for consideration” * “ … the averments and allegations made by Mr. Pienaar about the conduct of the SARB and/or its former officials, are not farfetched nor baseless” * “The core issues, if ignored, may lead to grave injustices” Besonderhede hiervan kan onder punt 9 van die voorlegging gesien word by <www.ndcag.co.za/wp-content/uploads/2025/10/Kings-WCHC-Letter_SARB-Affidavit-003.pdf> www.ndcag.co.za/wp-content/uploads/2025/10/Kings-WCHC-Letter_SARB-Affidavit-003.pdf). (NDCAG: Ernstige onregte bo en behalwe dié wat reeds al die PSPC-beleggers geraak het)
Dit wil voorkom asof CIPC se brief in Deon se saakverhoor op 18 November geïgnoreer is, aangesien die hofuitslag was dat Deon gesekwestreer is oor die wanbetaling van koste wat in vorige uitsprake teen hom toegeken is, en hy is ook weereens as ‘n lastige litigant (vexatious litigant) geëtiketteer (Google-soekresultate toon dat sulke persone “regstappe teen ander neem in sake sonder enige meriete”)
Na aanleiding van daardie gebeurtenis het die Waarnemende Adjunk-Regterpresident (Acting Deputy Judge President – ADJP) in die Departement van Justisie (DoJ) Deon, Cuma Zwane van CIPC en ander genader en hulle versoek om insette te lewer oor die oorspronklike CIPC-brief
Ons kommentaar hieroor is hieronder ingesluit, maar vir voorbereidende leeswerk, klik op hierdie skakels:
Oospronklike CIPC brief van 28 October: www.ndcag.co.za/go/20251028-1
Deon Pienaar se voorlegging aan die ADJP: <www.ndcag.co.za/go/20251128-1> www.ndcag.co.za/go/20251128-1
Cuma Zwane se voorlegging aan die ADJP: <www.ndcag.co.za/go/20251128-2> www.ndcag.co.za/go/20251128-2
* Die toetrede van die ADJP tot die arena:
Waarom?
Ons het nie hul versoek aan Deon en CIPC gesien nie, so ons weet nie die hoekom nie en kan slegs raai oor die rede
Maar hul belangstelling is goeie nuus! Iemand het duidelik die CIPC-brief raakgesien, die belangrikheid daarvan besef en wil meer weet
Volgens die bogenoemde skakels het beide Deon en Zwane gereageer en ons hoop dat die ADJP (en die breër DoJ) die ongeregtighede van die verlede sal besef en verstaan en die noodsaaklikheid om te verseker dat dit omgekeer word en dat die slagofferdirekteure van die betrokke maatskappye behoorlik geregverdig word – met gevolglike voordelige uitkomste vir die beleggers
Ons wag om te hoor wat hulle doen uit die voorleggings wat voortbou op die oorspronklike CIPC-brief, en vertrou dat dit ‘n ommeswaai sal wees wat vereis dat die howe en die regsgemeenskap hul denkwyse oor die PSPC-bedryf (Ponzi-skemas) en Sharemax (wat onwettig as ‘n bank bedryf word) moet laat vaar
* Cuma Zwane se antwoord aan ADJP
Zwane maak ‘n saak vir die CIPC-ondersoek en lig effektief in oor wat die primêre inhoud van die tussentydse verslag – en dus heel moontlik die finale verslag – sal wees wat die benoeming van ‘n skuldige vir die 2010 PSPC-sluiting betref, deur middel van:
Para 13 : CIPC …. opines that the property syndication promotion companies’ business models were far removed from that of a bank. As such, by intercepting the companies in the manner that it did, SARB unduly exerted hegemony over an industry in which it had no jurisdiction
Para 14: “….. evidence suggests that the property syndications promotion companies collapsed due to the interference of the SARB” and “The CIPC merely states that the closest casual [causal?) link to the chain of events that led to financial distress and consequently business rescue and/or liquidations, points to the interference of the SARB.”
Para 17. It is also worth mentioning that the CIPC inter-regulator investigation’s preliminary report suggests that THE PREMISE AND LEGAL PROPOSITIONS RELIED UPON TO LITIGATE AGAINST VARIOUS PROPERTY SYNDICATION PROMOTION COMPANIES; ARE LITTERED WITH A CONFETTI OF LEGAL AND FACTUAL CONTRADICTIONS.” (NDCAG klem)
Ons klem op die vingerwysing na SARB in die bogenoemde beteken nie dat ander entiteite (en persone?) nie ook geïdentifiseer sal word as wesenlik relevant tot die gebeure van 2010 nie, maar dit lyk beslis uit Zwane se ADJP-voorlegging dat die skuld by SARB gelê gaan word